function tt_display_purchase_note_in_all_emails( $args ) { $args['show_purchase_note'] = true; return $args; } add_filter( 'woocommerce_email_order_items_args', 'tt_display_purchase_note_in_all_emails', 10, 2 );
Elementêre Oorredingstoespraak kursus (Graad1-3)

–
4 February, 2027

'n Aanlyn kursus vir Gr 1-3 ouers, onderwysers en afrigter. Hier’s ’n gulde geleentheid om jou weg te vind in die verwagtinge vir ’n oorredingstoespraak in die grondslagfase. Kom leer saam tydens ’n interaktiewe aanlyn opleidingsgeleentheid.

Ons deel handige, praktiese wenke uit oor die struktuur en inhoud van ’n toespraak, hoe om bronne te benader, waar om te vat en waar om te los en natuurlik, wat jy moet doen om die kalmeerpilletjies vry te spring. Dit moet nie 'n kopseer wees nie. Dis 'n plesier!

Moenie onkant gevang word nie! Kry jou spruit se toespraak op koers - dis in die grondslagfase waar die fondasie gelê word. Kom luister, leer en lag saam!

’n Kort aanlyn kursus vir ouers, onderwysers en afrigters van jong leerders: Hoe word ’n oorredingstoespraak in die grondslagfase benader? Kry logiese wenke hier!!

Click here to enter

Buy Tickets

View full calendar

0
Your Cart